
ARNO JORDAAN (www.arno.co.za)
Arno Jordaan is een van die blinkste jong sterre op Suid-Afrikaanse musiekfront. Arno het 'n bekende gesig geword op SA televisie in 2003, toe hy en sangmaat, Susan Dubell, tweede geeindig het in die musiek realiteitsprogram, Zing. Arno het in 2005 'n solo loopbaan begin, en het sedertdien 4 CDs die lig laat sien. Sy mees onlangse CD, "Gee My", het platinum status bereik en is 'n bewys van sy voortdurende opmars in 'n baie kompeterende Afrikaanse musiekmark.
Arno is ook 'n bekwame liriekskrywer en musikant, en skryf meeste van sy eie liedjies. Sy grootste treffers sluit in "Vir jou vandag", "Plek vir jou by my", "Vanaand weer ek en jy", "Gee my", "Engele" en "Jy trap hier op my hart". Al hierdie treffers, en nog vele ander, sal deel uitmaak van sy optrede by AFRIKHAKI.
Dit was 'n groot voorreg vir Arno, 'n voormalige Cravenweek rugbyspeler, toe SA Rugby hom genader het om die offisiele spanlied, "The Time is Now", van die seevierende Springbokspan by die 2007 Wereldbeker te sing. Hy het ook reeds by 5 toetse die Volkslied gesing, en word die Springbokke se gelukbringer genoem, aangesien die Bokke nog nooit 'n toets verloor het waar Arno die Volkslied gesing het nie.
In 2009 was Arno ook genooi vir sy eerste optrede by Huisgenoot Skouspel. Sy optrede het onder andere sy treffer "Gee My" ingesluit, sowel as duette saam met Nicholas Louw en Dozi.
Die Londen skare by AFRIKHAKI word 'n hoe energie vertoning gewaarborg deur hierdie jong ster van die Afrikaanse musiek-industrie.
