AFRIKHAKI 2010 - KURT DARREN - ARNO JORDAAN - 9 APRIL 2010 - THE CLAPHAM GRAND

AFRIKHAKI

AFRIKHAKI is 'n splinternuwe Suid-Afrikaanse musiekproduksie wat kwaliteit, professionalisme en waarde-vir-geld vermaak waarborg:  'n musiekvertoning van SA se topverkopers in Londen spesiaal vir Suid-Afrikaners.

Die organisering, klank en beligting sal die kwaliteit van die kunstenaars gestand doen.  Suid-Afrikaners sal 'n onvergeetlike aand saam met vriende beleef, en sal saam sing en dans op die maat van ons Reenboognasie se klanke.

AFRIKHAKI se fokus is om die mees suksesvolste kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf na musiekteaters in Londen te bring.  Die idee is om twee vertonings per jaar aan te bied; in April en Oktober.

Moenie die eerste AFRIKHAKI konsert misloop nie - 9 April 2010 - met Kurt Darren en Arno Jordaan.  Dit beloof om 'n hoogtepunt op elke Suid-Afrikaner se sosiale kalender te wees.